Mosselbaai is 'n gesins-vakansiebestemming wat 'n wye verskeidenheid dinge bied om te doen. Aktiwiteite wissel van son-en-see na plaaslik gedistilleerde G&T tot verskeie avontuur-aktiwiteite. Die water, die berge, die bos, strand en duine is alles deel van Mosselbaai se aanbod.
Volgens Mosselbaai Toerisme is die streek nie net bekend vir sy ryk geskiedenis en ongerepte blouvlagstrande nie, maar ook vir die avontuurgeleenthede.
As jy 'n adrenalien junkie is, of net 'n meer avontuurlustige gees het, is dit die plek vir jou. Kies uit branderplankry, Shark Cage Duik, lugduik, heli-flips, skuba of diepseevisvang. Miskien hou jy daarvan om liewer op die land te wees en dan kan kan jy sandbord, vierwielfietsry, perdry, bergfietsry, stap of selfs 'n wildlewe safari onderneem.
“Mosselbaai is passievol oor die omgewing en ons erfenis en ons deel graag ons kennis met ons gaste. Sluit aan by een van die navorsingsinisiatiewe, of neem 'n toer van ons grotte, waar ons voorouersgewoon het. Kultuur, erfenis, argitektuur is deel en bewyse is sigbaar oor hierdie pragtige streek.
Lees gerus meer by https://www.visitmosselbay.co.za/things-to-do-in-mossel-bay-mosselbaai/
En kyk na nog van die die pragtige foto’s by https://cinematicsolutionssa.com/
© 2024 C' The View Kompetisies en privaatheidkennisgewings
.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.