Die regte plek vir jou volgende ruskans
Die regte plek vir jou volgende ruskans
C' The View Guest House is een van die voorste gastehuise in die Tuinroete en bied verblyf in sewe gastekamers met skuifdeure, wat elk op 'n privaat balkon oopmaak met asemrowende en onbelemmerde uitsig oor die see. Dit is 'n pragtige huis met drie verdiepings in Mediterreense styl, net 15 minute vanaf George-lughawe.
Ons het tans agt premium kamers, elk en-suite. Sommige het selfsorg-fasiliteite beskikbaar. Elke kamer het 'n private balkon en volle seeuitsig.
Ons het verskeie gesellige sitkamers en onthaalgeriewe, 'n kroeg-area en vele buite-dekke met braaigeriewe en 'n swembad.
Ons ligging op die strandfront van Tergniet, 'n kusdorpie tussen Groot-Brakrivier en Hartenbos, verseker asemrowende uitsigte oor die see.
Die Mosselbaai en Tuinroete-streek is gepak met aktiwiteite om jou vakansie 'n onvergeetlike ervaring te maak.
Die dag wat jy altyd sal onthou, verdien’n plek wat jy nooit sal vergeet nie. Of jy nou op een van ons dekke of ons grasperk vier, jy sal ’n onvergeetlike seee-uitsig agtergrond hê – nie net vir jou nie, maar ook vir jou gaste!
Ansie du Toit
Ons gastehuis is voor reg teen die branders met onbelemmerde see-uitsig en see-vakansie-ervarings.
Verskeie buitelug-dekvlakke bied heerlike kuier- en geselsplekke om ou vriendskappe te versterk en nuwes te maak.
Ons gastehuis is kinder- en gesinsvriendelik en ons restaurant se deure skuif oop op 'n buitestoep wat weer lei tot onbeperkte see-uitsig.
Teken in op ons gereelde e-pos nuusbrief met inligting, spesiale aanbiedings en wenke vir die beste vakansies in ons streek.
As jy 'n vraag het oor jou vakansie-verblyf of oor enige van ons dienste, vra gerus. Ons sien daarna uit om van jou te hoor.
Elke kamer in ons gastehuis het onbeperkte eksklusiewe see-uitsig. Net die regte plek om 'n vinnige wegbreekkans te geniet. Bel gerus +27 78 391 9594 of +27 82 332 0762 vir meer inligting.
Bel gerus +27 65 234 0360, +27 78 391 9594 of +27 82 332 0762 vir meer inligting.
© 2024 C' The View Kompetisies en privaatheidkennisgewings
.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.